Rock of Joy is a registered Place of Safety with the Department of Social Development, we admit and take care of abandoned, abused, sick and neglected babies and toddlers during crises.
Ek het begin by Rock of Joy volunteer werk doen in Augustus 2020, dit was om terug te gee vir die gemeenskap en dan sommer my passie vir kinders bietjie uit te leef. Wat ek daar gevind het was iets uit die boonste rakke, dis regte mense wat sommer vriende geraak het, enigste verskil is, hulle het 10 kiddies wat na hulle kyk as mamma en pappa. Ek het vinnig ingeskakel en elke week 'n bad beurt gehad, en op Sondae sommer net gaan help want dit was lekker. Die babas word so mooi na gekyk en hulle het alles wat hulle nodig het. Ek het verlief geword op die een dogtertjie en haar in tussen in pleegsorg geneem. Indien jy 'n behoefte het om betrokke te raak, is hierdie die plek om na te gaan.
Today I’ve learnt more about what the harsh realities are of living in South Africa and how many children need our help. I met people who serve with a smile on their face and so much love in their hearts. Thank you for letting me be part of this family! What a privilege it is for me to just be there with all the joy that fills your home
What privilege to be able to donate to Rock of Joy – a place of safety for abandoned children. Such a lovely opportunity to meet the team and children in their care. They have so much love and compassion for these kids. As I walked in the children greeted me with smiles on their faces. I could see the happiness in their eyes. Keep up the magnificent work, everyone deserves a place to be save and to be loved. Don’ feel shy to give them a visit or any donations.
Ek en my man het in 2009 begin uitgaan en gou besef ons het dieselfde drome. Ons wou graag eendag 2 kinders hê. 'n Dogter en 'n seun, ons het selfs die selfde name vir ons toekomstige kinders gehad. Ons het in 2013 besef dat daar fout is en ek moes gaan vir baie toetse en operasies om swanger te kon raak. In 2014 het ons uitgevind ons verwag en dit was ʼn hoë risiko swangerskap....Ons wonderwerk baba is in Augustus 2014 gebore. Ons piepklein prinses het haar verskyning op 36 weke gemaak. Ons het in 2017 besluit ons wil graag nog ʼn kind hê, ek moes weer vir baie toetse en operasies gaan. Ons het weer swanger geraak maar dit het baie vinnig en hartseer geëindig. Ek het ʼn miskraam gehad. In 2018 het ons weer probeer, weer toetse en operasies ondergaan en daarna nog 2 miskrame gehad in 2018. Dokter wou nie hê ons moes weer probeer nie en het gesê die risiko is te hoog. Ons wou dus steeds baie graag nog ʼn kind hê. In Februarie 2020 het ons na 'n infertiliteit kliniek gegaan en behandeling begin. In Junie 2020 vind ons uit ons is swanger na baie hulp en behandeling en alles het goed en belowend gelyk. Ons was so positief en opgewonde. In Augustus 2020 slegs ʼn paar weke later het ons weer ʼn miskraam gehad en is verdere toetse gedoen en toe bepaal dat dit nie vir ons moontlik gaan wees om nog kinders van ons eie te hê nie. Ons was stukkend. Ek het gevoel of my liggaam my teleurstel en dat ek dit onregverdig is dat ons deur alles moes gaan en net moet aanvaar dat ons nie nog kinders kon hê nie. Ek het so groot leemte in my hart gehad het baie, ongelooflik baie met die Here gepraat en gevra hoekom? Hoekom al die pyn en seer? Hoekom dit gee en dit weer wegvat? Mens het soveel vrae. Ek het bly bid en gevra vir leiding en 'n manier om die leemte in my hart te vul. Ek het bly voel dat daar 'n dieper en groter doel was vir 4 miskrame, ek het net gevoel dat daar is 'n boodskap, 'n rede en besef dat dinge altyd vir 'n rede gebeur al besef mens dit nie dadelik nie. Ons het alle opsies oorweeg, surogaatskap en aanneming. Dit was alles net so ingewikkeld en ons was bang vir die onbekende. Ons het toe gehoor van pleegsorg. Ons het ons screening gaan doen en die kursusse vir pleegsorg. Ons het dit gekry en toe maar aangegaan met ons lewens want ons het nie geweet waar om te begin nie. Ek het besluit om uit te reik na 'n plek van veiligheid en dan daar te begin betrokke raak. Ek het met Sheree en Braam 'n afspraak gemaak en daarna besluit om as 'n volunteer by Rock of Joy betrokke te raak. Dit was en is dit nog steeds 'n wonderlike journey. Ek het 'n manier gekry om die leemte in my hart te vul, deur myself beskikbaar te stel vir kindertjies in nood. Kindertjies wat net aandag en liefde, baie liefde nodig het. Saam met Rock of Joy en personeel het ek elke dag soos 'n superhero gevoel om te volunteer en te weet dat ek het vandag 'n hartjie bly gemaak. Om te dink dat ek so vasgevang was in my seer en nooit besef het dat daar so baie kinders in nood is nie, dit was vir my baie hartseer om dit te hoor en wou net hierdie kinders hartjies beter laat voel maar hierdie klein mensies het my hart elke dag gevul het met dankbaarheid. Elkeen het sy of haar storie, vir elkeen is daar 'n plan, vir elkeen is daar 'n gesin wat wag of groot hoop vir 'n gepaste huis. Nooit in my lewe het ek gedink dat ons deel van die plan was nie. Ek het elke dag gebid dat iedere en elk van daai kindertjies 'n huis met 'n liefdevolle gesin sal kry maar nooit gedink dat dit wat mens vir ander mense bid jy ook mee geseën kan word nie. In Junie 2021 kry ek 'n oproep wat vra of ons bereid sal wees om 'n baba seuntjie in pleegsorg te neem, ons was baie opgewonde en het dadelik ingestem. 'n paar minute later besef ek maar ek het gebid vir leiding en 'n manier om my leemte te vul. Ons is ingelig dat die seuntjie by Rock of Joy is. Hoe amazing is dit. Hierna het dinge baie vinnig gebeur. Dit het so onwerklik gevoel. Ek het besef dat die Here al ons gebede verhoor het, van die leemte in ons harte tot 'n huis vir elke kindjie. Ons seuntjie is al amper 'n jaar by ons en ons is steeds betrokke by Rock of Joy. Sheree en Braam is amazing mense en help en staan ons as pleegouers by. Hulle het my ingeneem as 'n volunteer om hulp te verleen aan kindertjies en dis presies wat ons wou doen. Ek is trots om te kan sê dat ek deel is van Rock of Joy en hulle deel is van ons. Ek kan vandag sê dat daar wel altyd 'n rede is vir alles, al is dit seer, ek voel vandag dat my miskrame dalk die Here se manier was om te sê dat Hy reeds vir ons 'n kindjie ingedagte het en 'n gesin vir 'n kindjie maar dat dit op Sy tyd moes gebeur en nie ons tyd nie. Ons sal hierdie seuntjie, ons seuntjie vir niks in die wêreld verruil nie en ons is God ewig dankbaar vir ons seëninge en ons kinders. Braam en Sheree julle was deel van God se plan om kinders te help, en deur kinders te help, help julle baie gesinne soos ons om God se plan deur te voer. Dankie dat ons deel van julle huis kan wees en dankie dat julle steeds die pad saam ons en soveel ander gesinne stap. Julle en die Rock of Joy groep maak werklik 'n verskil in die wrede lewe en gee kinders 'n kans op 'n nuwe lewe met julle as die fondasie. PS: dankie vir die roetine wat julle by die babas stel, dis 'n droom om 'n baba te kry wat deur slaap. Nota aan al die mammas wat "Sleep Training" oorweeg laat weet my ek ken iemand wat dit baie goed doen.
Freelance IT Solutions is all about Simplifying Technology. This is a general placeholder until we receive the correct information.
Freelance IT Solutions is all about Simplifying Technology. This is a general placeholder until we receive the correct information.
Freelance IT Solutions is all about Simplifying Technology. This is a general placeholder until we receive the correct information.
Freelance IT Solutions is all about Simplifying Technology. This is a general placeholder until we receive the correct information.
Be good to people. You will be remembered more for your kindness than any level of success you could possibly attain.
Mandy Hale
Rock of Joy is a registered Place of Safety with the Department of Social Development, we admit and take care of abandoned, abused, sick and neglected babies and toddlers during crisis.